Sielkundige in Pretoria Oos – Erika Nell

‘n Vervulde lewe is ‘n proses, nie ‘n toestand van bestaan nie. Dit is ‘n reis, nie ‘n bestemming nie. (Carl Rogers)

Hallo en welkom by my Afrikaanse bekendstellingsblad

My naam is Erika Nell en ek is ‘n Kliniese Sielkundige in Pretoria Oos. Meeste persone wat op soek is na ‘n Sielkundige voorsien of beleef reeds ‘n mindere of meerdere vlak van ongemak aangaande hul eie of iemand anders se lewe of funksionering. As jy tans jouself in hierdie situasie bevind is dit belangrik om te weet dat jy dit nie alleen hoef aan te durf nie, en dat die soeke na bystand alreeds ‘n stap nader aan ‘n meer vervulde subjektiewe belewenis is, of dit is deur my dienste te gebruik of die van ‘n ander professionele persoon. Jy is verder welkom om deur my webtuiste te blaai en om my te kontak sou jy enige vrae hê. Ek sien daarna uit om jou te ontmoet. (Leer my beter ken hier.)

Waar ek praktiseer

Die volgende areas is ongeveer 5 minute se ry van waaraf ek praktiseer in 575 Lois Ave Erasmuskloof: Menlyn, Waterkloof, Lynnwood, Newlands, Menlo Park en ander naby geleë areas.